Afrikaanse Volksmusiek

Afrikaanse Volksmusiek

Afrikaanse Volksmusiek met Beeskraal en vriende Die FAK Sangbundel is sedert 1937 sinoniem met die ontwikkeling van ons Afrikaanse musiekerfenis. Met hierdie cd vier ons Afrikaanse volksmusiek wat oor dekades deel geword het van ons kultuurskat. Die eerste deel van die album is saamgestel uit saamsing Afrikaanse volksliedjies uit verskeie FAK bundels. Hier kan jy liedjies hoor onder andere soos ‘Oukraaliedjie’ (Gerhard Steyn), ‘Ver in die ou Kalahari’ (Richard van der Westerhuizen) en die warm rock weergawe van ‘Blinkvosperd’ deur Beeskraal. Die tweede deel volksliedere is ‘n keuse van van liedere uit die ‘Volk en Vaderland’ rubriek van die 1979 FAK-Sangbundel. Hier is gewis van die mooiste weergawes van ou skatte soos ‘Lied van Jong Suid Afrika’ gesing deur Chris Chameleon en die AHS A-minere asook Corlea Botha hoendervleis weergawe van ‘Uit die chaos van onse eeue’. Ook hier kan jy die Transvaalse sowel as die Vrystaaste volkliedere hoor in hulle oorspronklike Hollands. Die derde deel skemerliedere bestaan uit ou bekende geestelike liedere waarvan sommige op die ou tradisionele voortrekkerwysies gesing word. Hier word die ‘Magalieseburgse Aandlied’ vertolk deur Steyn de Wet wat sekerlik een van die beste solo studio opnames is in die afgelope paar jaa op tuis bodem. Die ‘Sporelied’ is die enigste oorspronklike lied op die album wat ook die enkelsnit is. Die lied is geskryf deur Jak de Priester vir die herdenking van die Voortrekkers se 85ste bestaansjaar. Die lied is reeds ‘n treffer op verskeie radiostasies. Die lied is op so mate vertolk dat dit groot kommersiële waarde en gewis een van treffers van 2016 gaan wees .Die album is opgeneem deur Beeskraal en is vervaardig deur Tersius Human (VPH Studios) en Charlie Smidt (Beeskraal)

声明:本站不存储任何音频数据,站内歌曲来自搜索引擎,如有侵犯版权请及时联系我们删除,我们将在第一时间处理!

自若本站收录的无意侵犯了DJ或DJ所属公司权益,请通过底部联系方式来信告知,我们会及时处理删除!90听吧 

90听吧-免费MP3下载|流行DJ舞曲|抖音热门歌曲|网络热门歌曲|酷狗音乐排行 联系邮箱tamg2352@163.com